Emosionele Intelligensie en Berading
Die kuns om die onvoorspelbaarheid van die lewe te hanteer lê in die emosionele volwassenheid waarmee ons ons denke rig en dan kies hoe om op te tree.
Met Covid-19 moes almal veranderings mee leef en aanpas om te oorleef. Inperkings was nie net op ons bewegings nie, maar ook is ons in ons gedagtes vasgevang of teen ons wil in situasies inforseer wat ons nooit self sou kies nie. Die oorlewings tegniek lê dus in die keuses wat ons moes maak en bereidwilligheid om te verander en dit leer liefkry.
Ons is bewus van die toenemende sosiale en akademiese eise wat ons samelewing aan leerders stel. Dienooreenkomstig moet daar ook klem gelê word op die ontwikkeling van leerders se emosionele volwassenheid. Dit kan bereik word deur kritiese denke en redenasie vaardighede te oefen, wat nie net kardinaal is vir hul opvoedings jare nie, maar ook vir hul loopbane.
Ons het 'n jaarprogram ontwikkel wat aandag gee aan die ontwikkeling van leerders se kritiese denke en redenasie vaardighede.
Dit is geskoei op 'n interaktiewe program – indien daar 'n tema uit ‘n sessie opduik, sal ons die sessie dienooreenkomstig aanpas en die tema in die groepsessies aanspreek.
As ons 'n probleem van 'n persoonlike aard waarneem of ontdek, kan ons 'n privaat en vertroulike berading sessie met die leerders of ouers reël wat deur onderwysers gefasiliteer sal word.
Die berading wat gedoen word sluit onder andere temas in soos:
Verhoudings, Trauma; Rou, Konflikhantering; Groepsdruk; Selfwaarde; Spanning; Streshantering en Ontspanningsoefeninge.
Ek maak van praktiese aktiwiteite gebruik om die kliënte te bemagtig sodat hulle weer iemand anders kan bemoedig of te bemagtig.