Kort Kursusse - Ouers
Soos wat die behoefte ontstaan vir hulp aan ouers, bied ons die kort kursusse aan.
Soos wat die behoefte ontstaan vir hulp aan ouers, bied ons die kort kursusse aan.
Vir swanger ouers wat moet besin oor hul kleinding se toekoms is dit belangrik om te verstaan hoe 'n klein kind leer en wat 'n effek op hul optimale leer sou wees.
Ingeligde besluite kan gemaak word en ouers kan vroeg reeds leer hoe om hul klein kind te ondersteun, verantwoordelikheid aan te leer sonder om hulle te onderdruk. Die kuns om gelukkige ouers met gelukkige kinders te hê, maak die leefwêreld ook n gelukkige plek.
Ander kursusse sluit in:
• Ouerskapstyle
• Dissipline style
• Konflik hantering
• Kommunikasie met my kind
• Hoe praat ek dat my kind luister
• Wat kan ek van my kinders verwag in terme van huistake ens.