Remediëring
Ons gaan terug na perseptuele vaardighede om die wiskunde, spel en lees te verbeter.
Vir leerders vanaf Graad 1 tot Graad 5.
Ons sien 'n toename in tekortkominge in leerders se vaardighede in taal en wiskunde, wat volgens ons veroorsaak word deur 'n gebrek aan behoorlike voorskoolse ontwikkeling sowel as onopgeloste emosionele probleme.
Die Remediërende Onderrig het ten doen om die volgende vaardighede aan te spreek.
• Visuele vaardighede
Verwys na die voorbereiding van die leerder se oë, om die vermoë te ontwikkel om taal en wiskunde effektief te lees, skryf en te interpreteer. Gebrek aan voldoende visuele vaardighede kan lei tot voortydige moegheid, teerheid en rooiheid van die oë, asook 'n gebrek aan konsentrasie tydens lees.
• Visuele geheue
Verwys na die vermoë om te onthou wat gelees is en daarna 'n omvattende beeld te vorm van wat die skrywer aan die leser vertel het. 'n Gebrek aan voldoende visuele geheue kan lei tot die onvermoë om groter getalle te lees en te onthou, asook die onvermoë om woordprobleme op te los.
• Visulele opeenvolging
Verwys na die patroon waarin woorde of getalle aangebied word. Gebrek aan voldoende visuele opeenvolgings kan lei tot die onvermoë om patrone waarin woorde of syfers aangebied word, te lees en te onthou. Dit kan gevolglik lei tot verkeerde spelling van woorde en verkeerde antwoorde op wiskundige probleme.
• Visuele voorgrond agtergrond
Verwys na die leerder se vermoë om sy of haar plek op ‘n gedeelte van die leesstof te hou. Dit sal relevant wees wanneer ‘n opvoeder spesifieke woorde of getalle aan leerders voorle en die leerders die woorde of getalle moet afskryf in hul boeke. Gebrek aan voldoende visuele voorgrond en agtergrond kan veral lei tot die onvermoë om meetkundeprobleme korrek uit te voer.
• Ouditiewe vaardighede
Verwys na die vermoë om korrek na ouditiewe inligting te luister, interpreteer, verstaan en korrek daarop te reageer. 'n Gebrek aan die ouditiewe vaardigheid kan lei tot die onvermoë om te luister en patrone waarin woorde of getalle aangebied word, te onthou. Dit kan gevolglik lei tot verkeerde spelling en antwoorde. Die aanvanklike onderrig van ouditiewe vaardighede is uitdagend; leerders baat egter geweldig op die langduur.
• Spraak en Taal
Verwys na die uitspraak en begrip van woorde en die betekenis daarvan. Dit is noodsaaklik vir alle leerders om elke dag nuwe woorde te leer en 'n wye woordeskat sal leerders in staat stel om vinniger te lees, inligting beter te verstaan en gevolglik meer effektief en korrek vrae te kan beantwoord. Die lees van 'n wye verskeidenheid leesstof is van kritieke belang vir leerders se spraak- en taalontwikkeling. Leerders moet ook die vaardigheid verkry om inligting te parafraseer, wat bemeester kan word deur oefening, herhaling en die ontwikkeling van 'n breër woordeskat.
• Handskrif
Die ontwikkeling van die regte handskrif begin al voorskools, wanneer leerders leer om te sny en plak, met klei te speel, krale te ryg, ens. Swak handskrif kan 'n leerder se selfvertroue negatief beïnvloed - die toenemende gebruik van rekenaars en selfone kan ook tot swak handskrif bydra.
Met inagneming van bogenoemde, het OLL besluit om die Gr R tot Gr 3 klasse tot 90 minute sessies te verleng, om aandag te gee aan die nodige ontwikkeling van leerders se visuele, ouditiewe en groot motoriese vaardighede. Ouers kan egter steeds die 60 minute sessies kies. In hierdie geval sal die leerder by die groep aansluit wanneer die vaardigheidsontwikkeling sessie voltooi is.