top of page
Taal

Afrikaans en Engels word op ’n spelender wyse aangebied, sodat taal gemakliker ontvang kan word.

Taal

Die Gr R tot Gr 3 leerders doen volgens hul ontwikkeling die volgende aspekte:
• Alle voorskoolse vaardighede wat benodig word sodat luister, praat en skryf ontwikkeling bevorder kan word.
• Klank en letterherkenning, Begin-, middel- en eindklanke; Klanksamevloeiings; Woordherkenning: Spoedlees: Nuwe woordeskat uitbreiding; Kreatiewe denke; Sinsbou; Spelling, Klankleer; Begripstoetse; Taalreëls ens.
• Ons maak gebruik van verskeindenheid aktiwiteite om die taal te bevorder. Die weeklikse skoolhuiswerk wat leerders kry word in die aktiwiteite ingesluit.
• Die leerders word aangemoedig om meer te lees en minder tyd voor digitale media te spandeer.
• Die wonderwêreld kan deur die liefde vir boeke oopgesluit word.

Gr 4 tot Gr 8 leerders:
• Die Afdelings wat in die betrokke tyd by skole gedoen word, word in die aktiwiteite by OLL gedoen.
• Inoefening om spelling, lees en begrip te verbeter kry baie aandag. Spelreëls en algemene taalreëls word voortdurend geoefen.
• Die beplanning om praatjies en opstelle te skryf word geoefen. Onderrig in postuur en aanbieding tydens die praatjies kry ook aandag.
• Vraestelle voor elke toets en eksamen word gedoen.

Engels vir Gr R leerders:
Dit word op ’n spelender wyse aangebied, sodat die tweede taal gemakliker ontvang kan word.

Engels vir Gr 1 tot Gr 7 leerders:
Taalstruktuur, lees en spelling, skryfwerk en toesprake.

Afrikaans vir Gr 1 tot Gr 7:
Taalstruktuur, lees en spelling, skryfwerk en toesprake.

Afrikaans as eerste addisionele taal vir Gr 4 tot Gr 7:
Taalstruktuur, lees en spelling, skryfwerk en toesprake.

bottom of page