top of page
Wiskunde

Graad R tot Graad 12 - Hulp, Hersienning en Oefening.

Wiskunde

Leerders van Gr 1 tot Gr 12:

• Groepe: Maksimum 5 leerders.
• Individuele sessies en aanlyn sessies ook beskikbaar.
• Tydsduur: Uursessie of uur en n half sessie.
• Gr 11 leerders slegs uur en n half sessies.
• Gr 12 leerders slegs 2-uur sessies.
• Sessies is een keer per week.

Vanaf Gr R tot Gr 3:
• Die werk sluit alle voorskoolse konsepte in bv. Ritme, opeenvolging, telrympies, geheue, voorgrond agtergrond en meer in.
• Probleemoplossing, deursettingsvermoë foute begaan en weer probeer word baie geoefen.

Vanaf Gr 4 tot Gr 7:
• Weeklikse sessie word die werk wat die week in die klas behandel word nagegaan maar daar word baie aandag aan basiese vaardighede soos optel, aftrek, maal en deel gegee.
• Wiskundereëls en toepassing van die reëls moet inge”dril”word sodat begrip van die woordprobleme uitgepluis kan word.
• Konsepte soos verdubbeling, halvering, patrone pak, posisie in die ruimte, veelvoude, faktore, breuke word baie aandag aan gegee.
• Die hersiening en skryf van vinnige toetsies word gereeld gedoen. Met die metode raak die leerders fiks om onder druk te werk teen tyd. Die gereelde toetsies verbeter ook die selfbeeld van die leerders. Hulle kom self agter hulle kan die werk bemeester.
• Tydsbestuur en voorbereiding vir kwartaaltoetse word gedoen sodat leerders hulle eie rooster kan beplan en opstel. Eienaarskap en verantwoordelikheid word aangemoedig sodat leerders self kan leer en die geleentheid benut om self te dink en self probleme op te los.
• Twee keer per jaar word 4 Vrydae en Saterdae gebruik om hersiening vir eksamen te doen. Tydens die lesse maak ons gebruik van ou vraestelle om deur die jaar se werk te gaan.

Vanaf Gr 8-Gr 12:
• Voordat die Hoërskool leerders begin doen on seers n persoonlikheidstoets om vas te stel hoe die leerder wiskunde verstaan. Party persoonlikhede het meer waagmoed om vrae in die klas te vra. Ander moet eers gaan dink wat hul nie verstaan het nie en party voel ongemaklik oor die opinie wat portuurgroep gaan vorm oor hul.
• Die werk wat by die skool behandel word, word ook nagegaan in die sessies. Ons lê baie klem op reels en toepassing daarvan. Wiskunde is n denkvak wat opsies oorweeg moet word om die regte bewerkings te kan doen. Logiese redenering word baie geoefen.
• Tydens selfstudie is tydsindeling per tema n groot krisis. Meeste leerders laat te min tyd toe vir wiskunde toetse en eksamens.

Die uitwerk van vraestelle weekliks is die manier hoe konsepte vasgelê word. Gedurende eksamenvoorbereidings werk ons teen tyd met elke vraag. Leerders moet inoefening kry om vining besluite te neem en die korrekte bewerkings te doen.

bottom of page